Jeugwerkloosheid duur voort

Daar word berig dat uit net meer as 6 500 rekrute van die Nasionale Jeugdiens, het net 54 persent, net meer as 3 500 daarin geslaag om werk te kry. Die syfers is by die onlangse gradeplegtigheid op Hentiesbaai bekend gemaak. Gedurende die huidige boekjaar het die diens 5 556 aansoeke ontvang maar kon net 310 van die aansoekers inneem. Jeugwerkloosheid is ‘n reuse-uitdaging in Namibië met syfers van rondom 48 persent van die jeug wat nie werk kan bekom nie. Dit word as brandpunt geag, veral vir die regerende party en die komende presidensiële en algemene verkiesings volgende jaar.