Jeugdiens sal in April begin minimumloon betaal

Die Nasionale Jeugdiens se uitvoerende hoof vir menslike, Wilhelm Kafidi, het hul sekuriteitsbeamptes verseker dat hulle die minimum loon vanaf 1 April vanjaar sal ontvang. Die groep hou ‘n protes omdat hulle nie die 2017-minimumloon ontvang nie. Kafidi het ook bevestig dat ‘n skikkingsooreenkoms met die betrokke vakbond, Natau aangegaan is. Volgens Kafidi word hulle baie min deur hul kliënte, wat die regering is, betaal en dit kan eers reggestel word wanneer tariewe aangepas is. Die protes wat Dinsdag begin het, was as gevolg van onbetaalde Desember-salarisse wat uiteindelik Woensdag betaal is. Die feit dat die regering nie die minimumloon betaal vir sekuriteitswagte nie het wenkbroue laat lig en die werkers sê dit is hoekom mense onwettig optree om hul regte te eis.