Jeug vergader op Rosh Pinah

Die Trevali Mynkorporasie in Rosh Pinah, in samewerking met OpenUp sal ‘n Codebridge-jeugberaad by die Rosh Pinah-gemeenskapsaal hou. Die jeugberaad het ten doel om ‘n kerngroep jeug te identifiseer wat deel sal vorm van ‘n Codebridge-jeugvereniging in Rosh Pinah. Die hoofdoel van die program is om die jeug van Rosh Pinah op te lei in vaardighede wat deur toekomstige mynbou-tegnologieë vereis word, soos robotika en data-gedrewe oplossings. Die beraad vind vanaf 26 tot 28 Julie plaas. Sheron Kaviua, vise- operasionale president van Trevali Rosh Pinah Zinc Corporation, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.