Jeug moet betrokke raak in landbouproduksie

Suid-Afrika, soos Namibië, word gekonfronteer met die uitdaging van jeugdiges wat nie in die landbousektor betrokke raak nie. Die sektor word deur baie jeugdiges as minder belangrik beskou. In die buurland, sal die Noordwes-departement van landbou tien bulle aan tien jong boere in die provinsie skenk as deel van die 2021-jeugjaarherdenking. Die Namibiese minister van jeug, Agnes Tjongarero, het gesê die Namibiese jeug moet opstaan en die belangrikheid van landbou besef. Tjongarero het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.