Jesse Duarte sterf na lang stryd met kanker

Die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte, is vroeg vanoggend oorlede. Sy was 68. Duarte het ‘n stryd teen kanker gevoer en was sedert November verlede jaar op mediese verlof. Volgens die Moslem-tradisie sal sy vanmiddag in Johannesburg begrawe word. Die party het sy innige meegevoel met Duarte se familie en vriende betuig. Die ANC-woordvoerder Pule Mabe sê haar heengaan is ‘n groot verlies, nie net vir die familie nie, maar ook vir die demokratiese beweging en die land as geheel.