Jesse Clegg se lewensmaat sterf

Die Suid-Afrikaanse rock-sanger Jesse Clegg se lewensmaat Dani Cooperman haar stryd teen kanker verloor. Die paartjie het ‘n 18 maande oue babadogtertjie, Mylah. Jesse se bekende sanger-pa, Johnny Clegg, wat bekend was as die Wit Zoeloe, het in 2019 sy stryd teen kanker verloor. Jesse het sowat ‘n maand gelede ‘n huldeblyk-konsert saam met Freshly Ground, Francois van Coke en Karen Zoid gehou om hulde aan sy pa te bring.