Jason Rohde se appèl teen skuldigbevinding misluk

Die gewese Gautengse sakeman Jason Rohde se appèl teen sy skuldigbevinding aan die moord op sy vrou is van die hand gewys, maar sy vonnis is van 20 tot 15 jaar verminder. Die Appèlhof het bevestig Rohde het sy vrou, Susan, in Julie 2016 in hulle hotelkamer in Stellenbosch vermoor. Hy hou vol sy het haarself opgehang nadat sy uitgevind het sy verhouding met ‘n kollega is nie verby nie. Die hof het ook Rohde se appèl teen regsverydeling verwerp, omdat hy probeer het om die moordtoneel te verander. Die vonnis is terugwerkend tot 27 Februarie 2019.