Jason Rohde appelleer vandag

Die Appèlhof sal vandag die appèl van Jason Rohde aanhoor teen sy skuldigbevinding en ‘n vonnis van effektief 20-jaar vir die moord op sy vrou Susan. ‘n Hof het bevind dat hy sy vrou en die ma van sy drie dogters in Julie 2016 vermoor het in ‘n slaapkamer wat hulle by Spier naby Stellenbosch gedeel het. Die voormalige uitvoerende hoof van Lew Geffen Sotheby’s is tans uit op borgtog. Vyf regters sal sy appèl aanhoor. Rohde hou vol dat hy onskuldig is.