Japan skenk N$15m vir Zim-cholera

Japan het ‘n toekenning van byna 15 miljoen Namibiese dollar deur Unicef aangekondig vir nood-cholera-reaksie in die Manicaland-provinsie in Zimbabwe. Die land worstel sedert Februarie verlede jaar met die cholera-uitbreking en het meer as 20 000 gevalle en meer as 400 sterftes aangeteken. Die befondsing sal spesifiek die kwesbaarste gemeenskappe in Manicaland teiken, waar die meeste cholera-gevalle aangeteken is. Die toekenning sal volgens berigte omvattende lewensreddende ondersteuning help bied op gebiede soos toegang tot veilige water, voorsiening van kritieke higiëne produkte, gesondheidsorg, voeding en kinderbeskerming.