Aussies wen maklik teen die Windies

Australië het ‘n maklike oorwinning oor die Windies behaal in die eerste eendagwedstryd in Melbourne. Die besoekers is in die voorlaaste boulbeurt vir 231 uitgeboul met Xavier Bartlett wat vier paaltjies laat kantel het. Keacy Carty het die beste met die kolf gevaar met 88 en Roston Chase se bydrae was 59. Die gashere het die teiken in minder as 39 boulbeurte bereik met slegs twee paaltjies plat, met kaptein Steve Smith  en Cameron Green onoorwonne op onderskeidelik 79 en 77. Josh Inglis se bydrae was 65. Die tweede van die drie eendagwedstryde vind Sondag in Sydney plaas.