Japan onthou Fukushima-ramp, 12 jaar gelede

Die inwoners van Japan het hartseer gebede opgestuur op die herdenking van die dodelike tsunami wat 12-jaar gelede die Fukushima-ramp veroorsaak het. ‘n Minuut stilte is landwyd gehandhaaf op die presiese oomblik toe ‘n  aardbewing van 9 op die Richterskaal, die vierde sterkste wat tot nog toe aangeteken is, die noord-ooste van Japan in 2011 verwoes het. Die ondersese skudding het gelei tot ‘n tsunami wat 18 500 mense dood of vermis gelaat het en die verkoelingstelsel van die Fukushima-aanleg oorweldig het. Dit het die ergste kernramp veroorsaak sedert Chernobyl. Op die oomblik is daar groot uitdagings met die hantering van miljoene kubieke meter radioaktiewe water wat vrygestel moet word.