Japan bult sy militêre spiere met reuse-bestedingsplan

Japan het bekend gemaak dat hy 320 miljard Amerikaanse dollar aan militêre wapens en toerusting gaan spandeer wat onder meer missiele insluit waarmee hy in staat sal wees om China te tref. Die militêre bestedingsplan is die grootste sedert die Tweede Wêreldoorlog. Dit spruit uit bekommernis oor die oorlog tussen Rusland en Oekraïne en China se vyandigheid jeens Taiwan. Japan het naas Amerika en China, nou die derde grootste militêre begroting. Die premier, Fumio Kishida, sê die land bevind hom by ‘n keerpunt in die geskiedenis. Japan is bekommerd dat Rusland die afgelope jaar ‘n presedent gestel het wat China sal aanmoedig om Taiwan aan te val. Dit sal Japanse eiland naby Taiwan sowel as die seeroete vir lewering van olie in die Midde-Ooste in gevaar stel.