Jantjies is uitgesluit vir sy geestesgesondheid

Die Springbok-afrigter Jacques Nienaber sê as hy nie Elton Jantjies uitgelaat het by Saterdag se Rugbykampioenskapswedstryd teen Argentinië nie, sou dit druk op sy geestesgesondheid geplaas het. Dit volg na bewerings dat hy ‘n buite-egtelike verhouding met die span se dieetkundige, Zeenat Simjee, gehad het. Die Bokke se bestuurspan het verlede week besluit om die twee van Buenos Aires af huis toe te stuur. Nienaber hou vol hy sou Jantjies Saterdag op die veld wou hê, maar dit sou te veel druk op die speler plaas: