James Bond-plakkaat word opgeveil

A baie skaars plakkaat van die 1965 James Bond rolprent Thunderball sal môre opgeveil word en daar word verwag dat dit ten minste 16 000 Amerikaanse doller kan behaal. Die plakkaat wys vier prente van Sean Connery, of saam met meisies in min klere of besig om met skelms te baklei. Ewbank in Londen sal die veiling aanlyn hanteer.