Jakkals met kop in waterbottel gewaar

‘n Jakkals met sy kop vasgevang in ‘n plastiek waterbottel is op die grondpad agter die Cimbabasia-woonbuurt in Windhoek opgemerk. Kosmos 94.1 Nuus het navraag by die Namibiese omgewingsministerie gedoen of hulle oproepe van die publiek ontvang het om die jakkals te red. Hulle het nie kennis van die voorval gedra nie. ‘n Bekommerde lid van die publiek meen rommelstrooiery moet stop en die gebruik van plastiek moet verminder word. Johnson Ndokoshi, ‘n adjunk-direkteur in die omgewingsministerie het gesê hulle sal die jakkals probeer opspoor.