Jagbedryf: Groot sukses behaal met internasionale bemarking

Die 41ste Dallas Safariklub Jagskou en -Konferensie in die VSA was ‘n reuse-sukses. Die Namibiese omgewingsminister, Pohamba Shifeta, het die jagskou saam met talle Namibiese eienaars van jagplase, professionele jagters en taksidermiste bygewoon. Die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, Axel Cramer, sê aan Kosmos 94.1 ‘n jagskou in Duitsland was ook suksesvol met jagters wat graag in Namibië wil kom jag en reis.