Beurtkrag sal nog vanjaar en ook volgende jaar voorkom

Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, sê die kragverskaffer is ten volle bewus hy moet harder werk en met groter dringendheid optree om ‘n einde aan beurtkrag te maak. Hy sê eenheid 5 van die Kusile-kragstasie sal na verwagting in Julie met die netwerk gesinchroniseer word en sal 700 megawatt toevoeg. Hoewel Koeberg se eenheid 1 in Junie terugverwag word, en Medupi se nommer 4 in September volgende jaar weer in diens gestel sal word, waarsku De Ruyter kapasiteit sal vir die grootste gedeelte van 2023 beperk bly: