Jacinda sê almal kan lei

Oudpremier van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern het ‘n emosionele laaste toespraak in die land se parlement gelewer. Ardern, wat haar familie, haar politieke party en haar ondersteuners bedank het, het in Januarie as premier uitgetree. Sy het in 2017 haar verskyning gemaak toe sy op die ouderdom van 37 die wêreld se jongste vroulike regeringshoof geword het. Sy het verdere internasionale aandag gekry toe sy haar baba na ‘n vergadering van die Verenigde Nasies geneem het. Sy sê haar amp, is bewys enigiets is moontlik.