Swartbooi sê Daures-gemeenskap se mynwese-kommer is geldig 

Die kwessie van mynwese in die Daures-kiesafdeling wil die wyk nie. Die gemeenskap, wat ook onlangs met die lynminister, Tom Alweendo vergader het, meen daar is net nadele in die mynbedrwyighede in hulle gebied. Die leier van die LPM-party, Bernadus Swartbooi sê die gemeenskap se kommer en klagtes is eg. In sy mening moet daar ‘n balans gevind word tussen mynwese en tradisionele sektore wat gemeenskappe aan die lewe hou. Dit is veral belangrik vir veeboere. Mynwese kan moontlik vir 50 jaar dien maar, die boere bly agter en dus is mynwese net ‘n tydelike inkomste. Swartbooi sê wetgewing moet in die verband aangepas word en ondersoek in onwettige bedrywighede moet gedoen word.