IVP se gebruik van Buthelezi in verkiesingsveldtog ‘sal nalatenskap behou’

‘n Politieke ontleder aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, Zakhele Ndlovu, sê die Inkatha Vryheidsparty se besluit om prins Mangosuthu Buthelezi te gebruik as deel van hulle verkiesingsveldtogstrategie sal sy nalatenskap lewendig hou. Ndlovu het met eNCA gepraat en gesê die besluit dra beide simboliese en politieke gewig want Buthelezi was ‘n hoogs-invloedryke figuur in die Suid-Afrikaanse politiek, veral in KwaZulu-Natal. Ndlovu sê dit is ‘n slim strategie om gebruik te maak van die lojaliteit van die mense wat hom gevolg het.