IVP gaan as onafhanklike organsisasie in verkiesing staan

Die Inkatha-Vryheidsparty gaan volgende jaar as ‘n onafhanklike organisasie aan die buurland se verkiesings deelneem. Alles is slaggereed vir die party se tweedaagse nasionale beleidskonferensie in Empangeni, KwaZulu-Natal. Afgevaardigdes sal na verwagting beraadslaag oor beleidstandpunte rakende verskeie kwessies van nasionale belang. Dit is die party se eerste beleidskonferensie na die afsterwe van sy stigter en president, Mangosuthu Buthelezi. Die leier van die IVP, Velenkosini Hlabisa, het die opening van die konferensie toegespreek en afgevaardigdes aangemoedig om steun te mobiliseer.