Namubes weer Swakop burgemeester

Dina Namubes van die IPC is herkies as burgemeester van Swakopmund. Die verkiesing van ampsdraers is verlede maand uitgestel nadat Namubes en Matthias Henrichsen van die Swakopmund Inwonersvereniging, of SRA, ewe veel stemme getrek het vir die burgemeesterspos. Henrichsen is tot die bestuurskomitee herkies, terwyl David Am-!Gabeb van UDF weer onderburgemeester is. Namubes en Henrichsen is beide deel van die koalisie van partye in die raad wat bestaan uit die IPC, SRA, en die Landless People’s Movement. In die bestuurskomitee is Wilfred Groenewald van die SRA, Blasius Goreseb van die LPM, en Petrus Shimhanda van die IPC herkies. IPC-raadslid Klaus Goldbeck sal nou as ‘n gewone raadslid dien, terwyl Swapo-raadslede Suamma Kautondokwa, Heinrich Nghidipaya en Erkkie Shitana hul posisies behou.