Ivanka sal nie haar pa vir ’24 bystaan nie

Ivanka Trump sê sy gaan nie deel wees van haar pa se 2024-veldtog vir die Withuis nie. Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump het gister aangekondig dat hy weer gaan deelneem en gesê hy wil Amerika weer groot en glorieryk maak. Ivanka Trump, wat as raadgewer tydens haar pa se termyn gedien het, sê haar jong kinders en haar gesin se private lewe is nou die belangrikste. Sy sê hoewel sy haar pa altyd sal lief hê en ondersteun, gaan sy dit voortaan buite die politieke arena doen.