IUM pas net afstandsonderrig toe

Die Internasionale Universiteit vir Bestuur, oftewel IUM, is bekommerd oor die voortdurende situasie in die land met die Covid-pandemie wat ‘n verwoestende impak het. Die stigter van die universiteit, dr. David Namwandi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat al hul programme aanlyn aangebied word en hulle ten volle gehoor aan die regulasies gee.