Itula vaar ook uit oor omstrede wetsontwerp oor beleggings 

Die omstrede Wetsontwerp vir die Bevordering en Fasilitering van Beleggings 2021 wat verlede week in die Nasionale Vergadering deur die Namibiese handelsminister, Lucia Iipumbu ter tafel gelê is, is gistermiddag onttrek tot verdere kennisgewing. Die wetsontwerp het oproer in die privaat sektor veroorsaak. Die president van die Independent Patriots for Change, Panduleni Itula, is een van talle Namibiërs wat die wetsontwerp kritiseer. Hy verskaf sy redes.