Amerika ondersoek entstowwe se doeltreffendheid teen Omikron

Die Amerikaanse voedsel- en dwelm-administrasie, die FDA, sê hy werk so vinnig as moontlik om die moontlike uitwerking van die nuwe Omikron-variant op beskikbare siekte-identifisering, behandeling en entstowwe te bepaal. Daar is berigte dat die nuwe variant bestand kan wees teen entstowwe. Die FDA sê hy het ‘n aantal stappe gedoen om aan te pas by nuwe variante wat tot dusver in die pandemie voorgekom het. Hy sê in hierdie stadium is die beskikbare entstowwe hoogs doeltreffend in die voorkoming van die koronavirus en ernstige gevolge wat met Covid-19 verbind word. Dit sluit hospitalisasie en sterftes in.