Italië wil droogtehulp instel

Die Italiaanse regering oorweeg wetgewing wat hom in staat sal stel om droogtehulp ter waarde van 7,8 miljard euro beskikbaar te stel. Ná talle droë winter-weke bestaan vrese dat die land verdere droogte tegemoet gaan. Minder as die helfte van die normale sneeuval op die Alpe, en lae watervlakke in rivier en mere is volgens omgewingsgroepe rede tot kommer. Die land se langste rivier, die Porivier wat van die Alpe in die noordweste tot by die Adriatiese See vloei, het 61 persent minder water as normaalweg. Dié rivier verskaf water vir ongeveer ‘n derde van die land se landbouproduksie. Italië het verlede jaar die ergste droogte in 70 jaar ervaar.