Italië sê basta met bolla!

Honde-eienaars in ‘n Italiaanse provinsie word gedwing om ‘n monster van hul troeteldiere se DNS te verskaf terwyl amptenare probeer om die plaag van hondebolla op straat te takel.

Die provinsiale regering van die stad Bolzano en omliggende dorpe in die skilderagtige Dolomiet-streek is besig om ‘n databasis op te stel vir die byna 40 000 honde in die gebied, het Paolo Zamboto, direkteur van die veeartsenykundige departement, gesê.

Ongeveer 10 000 honde is reeds geregistreer en, sodra dit op dreef is, is die plan dat verlate hondepoef geneties getoets kan word en teruggespoor kan word na ‘n hond, wie se eienaar op enige plek tussen 50 en 500 euro (tussen N$1 000 en N$10 000) beboet kan word.

Foto: Yahoo