Italiaanse polisie trek mafia-baas na 30 jaar vas

Italië se mees gesoekte mafiabaas, Matteo Messina Denaro, is ná 30 jaar op vlug deur die polisie gearresteer. Na wat beweer word is Denaro die hoof van die Siciliaanse Cosa Nostra-mafia en is sedert 1993 soek. Italië se eerste minister, Giorgia Meloni, het owerhede bedank vir die arrestasie en het die operasie as ‘n “groot oorwinning” beskou. Messina Denaro is in afwesigheid tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir sy rol in die 1992-moorde op anti-mafia-aanklaers Giovanni Falcone en Paolo Borsellino. Hy staar ook lewenslange tronkstraf in die gesig vir sy rol in 1993-bomaanvalle in Florence, Rome en Milaan waarin tien mense dood is.