Israeliese intel-hoof bedank oor 7 Oktober-aanval
Die Israeliese weermag het aangekondig die hoof van sy intelligensie-direktoraat het bedank. Dit kom na hy verantwoordelikheid aanvaar het vir mislukkings wat gelei het tot Hamas se ongekende aanval op 7 Oktober verlede jaar. Generaal-majoor Aharon Haliva is die eerste hooggeplaaste amptenaar wat bedank omdat hy nie die aanval, wat Israel en die internasionale gemeenskap geskok het, kon verhoed nie. Haliva het in sy bedankingsbrief verantwoordelikheid geneem omdat hy misluk het om die aanval te verhoed.