Halep onttrek aan Madrid-ope

Tennis: Die voormalige wêreld nommer een-speler Simona Halep het onttrek aan dié week se Madrid-ope in die Spaanse hoofstad. Sy sê sy het nog tyd nodig om heeltemal fiks te word nadat sy 18 maande nie kon speel nie weens ‘n dwelmverbod. Sy het onlangs as promotorskeuse in die Miami-ope gespeel, maar in die eerste ronde verloor. Die 32-jarige Romeense speler was onder die top tien ter wêreld toe sy geskors is, maar is nou in posisie 1 146. Sy maak staat op promotorskeuses om aan WTA-toernooie deel te neem.