Israel vat oorlog Khan Younis toe

Israeliese magte het wye gebiede van die Gaza-strook gebombardeer en tientalle Palestyne gedood en gewond, terwyl burgerlikes in die beleërde gebied skuiling soek in ‘n steeds krimpende gebied in die suide. Daar is in die afgelope 24 uur 700 Palestyne in die jongste aanvalle dood. Die Palestynse militante groep Hamas sê sy vegters het met Israeliese troepe gebots sowat 2 kilometer buite die stad Khan Younis. Inwoners, van wie baie daarheen gevlug het uit die noorde om van vroeëre aanvalle te ontsnap, sê hulle kon tenkvuur hoor en is bang dat ‘n nuwe Israeliese grondoffensief besig is om op te bou. Die Jabalia-vlugtelingkamp in die noorde was een van die plekke wat uit die lug gebombardeer is. ‘n Woordvoerder van die Gaza ministerie van gesondheid het gesê verskeie mense is in ‘n Israeliese lugaanval dood.