Israel stem in tot voorstel vir Gaza-gysleaars

Israel het ingestem tot ʼn voorstel wat sal meebring die oorblywende Hamas-gyselaars wat in die land aangehou word, word vrygelaat. Die ooreenkoms is bemiddel deur onderhandelaars van Israel, Amerika, Egipte en Katar en ʼn konsep is aan Hamas voorgelê. Daarvolgens sal gyselaars wat deur Hamas aangehou word in fases vrygelaat word te midde van die staking van gevegte en die lewering van hulp aan Gaza. Palestynse gevangenes wat deur Israel aangehou word, sal ook vrygelaat word. Hamas hou na raming meer as 100 gyselaars in Gaza aan.