Israel skerp veroordeel oor aanvalle in Gaza

Die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê die huidige geweld in Gaza en Israel laat die siklus van dood, vernietiging en wanhoop voortduur en vertraag enige hoop op vreedsame bestaan. Meer as 40 Palestyne is gister tydens lugaanvalle in Gaza dood, in die dodelikste dag sedert die huidige gevegte met Israel begin het. Die totale dodetal in Gaza staan nou op 188 mense, waaronder 55 kinders. Guterres sê die VN voer aktiewe samesprekings met alle partye om ‘n onmiddellike skietstilstand te bereik. Intussen sê die Wêreldfederasie van Vakbonde en die Internasionale Vakbonde van Openbare en Verwante Werknemers hulle sluit hulle aan by miljoene werkers en vredeliewende mense die wêreld deur wat Israel se oordadige gebruik van mag teen die Palestyne veroordeel. Hulle beloof solidariteit met Palestina in hierdie moeilike tye.