Israel sê sy oorlog in Noord-Gaza is afgehandel

Israel het sy bombardement van Gaza Saterdag voortgesit met die oorlog teen Hamas nou in sy vierde maand en die eerste minister, Benjamin Netanyahu, wat belowe om ʼn “totale oorwinning” oor die Palestynse militantes te behaal. Israeli aanvalle het die suidelike stad, Rafah, getref waar honderde duisende mense skuiling soek. Slagoffers van die bombardement is na die Europese Hospitaal in Khan Yunis geneem, waar familielede en roubeklaers byeengekom het. Die woordvoerder van die Leёr, Daniel Hagari, sê Israel het die aftakeling van die militêre raamwerk van Hamas in Noord-Gaza afgehandel en sal hom nou toespits op die middel en suide.