Israel is boos vir Lavrov se Hitler-aanmerkings
Israel het hom sterk uitgespreek teenoor die aanmerkings van die Russiese minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov nadat Lavrov gesê het dat die Nazi-leier Adolf Hitler Joodse wortels het. Die land se minister van buitelandse sake, Yair Lapid, het gesê die Russiese ambassadeur sal ontbied word vir ‘n “moeilike praatjie” oor die opmerkings wat Lavrov Sondag in ‘n onderhoud met Italiaanse televisie gemaak het. Lapid eis ook ‘n verskoning. Hy sê dis ‘n onvergeeflike, skandalige stelling, ’n verskriklike historiese fout.