Israel in die spervuur oor sake met Mianmar

Israel se Cognyte Software-maatskappy het ‘n tender bekom om spioenasie-tegnologie aan ‘n Mianmar se staatsgesteunde telekommunikasiefirma ‘n maand voor die staatsgreep in Februarie 2021, verkoop. Die ooreenkoms is beklink al het Israel beweer dat dit die oordrag van verdedigingstegnologie na Mianmar gestaak het ná ‘n 2017-beslissing deur Israel se hooggeregshof. ‘n Regsklag is reeds by Israel se prokureur-generaal ingedien. Die klagte, gelei deur hoëprofiel Israeliese menseregteprokureur Eitay Mack, vra vir ‘n kriminele ondersoek na die transaksie. Dit beskuldig Cognyte en naamlose amptenare van verdediging en die ministerie van buitelandse sake wat toesig hou oor sulke transaksies van bystand aan misdade teen die mensdom in Mianmar.