Islamitiese Staat aanspreeklik vir dodelike bomaanval in Kampala

Die groep Islamitiese Staat, IS, het aanspreeklikheid aanvaar vir ‘n dodelike bomaanval die afgelope naweek op ‘n restaurant in Uganda. Ondersoekbeamptes sê ‘n 20-jarige-vrou is dood en drie ander mense beseer in Saterdagaand se aanval in die noorde van Kampala. IS se Sentraal-Afrika-provinsie sê hy is vir die aanval verantwoordelik. Die groep het op 8 Oktober sy eerste aanval in Uganda geloods en toe beweer ‘n eenheid uit dieselfde operasionele groep het ‘n bom by ‘n polisiepos in Kampala laat afgaan, wat tot beserings gelei het.