Isis-aanvallers slaan toe in DRK

Nog minstens 39 mense is vandag in Ituri in die Demokratiese Republiek van Kongo dood ná Isis-aanvallers oornag op twee dorpe toegeslaan het, berig internasionale nuusagentskappe. Die aanvallers is glo lede van die Allied Democratic Forces wat sy ontstaan in Uganda gehad het.