Isap sluit agt-dae kursus suksesvol af

Intelligence Support Against Poaching, of Isap, het die afgelope naweek sy agt-dae omgewing- en oorlewingsopleidingskursus in die veld afgesluit. Die kursus het bestaan uit ‘n klomp modules, wat onder meer ingesluit het fisiese opleiding, nagstap, kompas en kaartlees, noodhulp en slang-identifikasie. Die hoof uitvoerende beampte van Isap, Fritz Kaufmann, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die pas-afgelope kursus.