ISAP oor hulle hulp aan die gemeenskap

Intelligence Support Against Poaching, Isap, ‘n niewinsgewende organisasie, het nog
altyd Namibiese gemeenskappe gehelp as daar ‘n noodsituasie is. Isap het ook hulle
hulp aangebied om hulle vliegtuig te ontplooi om na die vermiste Franse toeris
by Dooievlei by Sossusvlei te soek. Die liggaam van die toeris, Nicholas Remodiere, is
gisteroggend gevind. Fritz Kaufmann van Isap sê hulle help altyd graag.