Weer lekker rugby vandag

Rugby: Die Springbokke het elkeen van hulle laaste ses wedstryde teen Skotland
gewen. Die Skotte kon Suid-Afrika elf jaar gelede laas die loef afsteek. Die laaste
kragmeting tussen die twee lande was drie jaar gelede toe die Bokke met 26-20 in
Edinburgh geseëvier het. Skotland het vanjaar egter vyf van sy sewe wedstryde gewen,
onder andere die laaste vier. Hulle het met spanne soos Engeland, Frankryk en
Australië afgereken en sien na die uitdaging teen die Bokke. Vanmiddag se wedstryd op
Murrayfield skop drieuur Namibiese tyd af.