Is 723 onderwysposte al wat beskikbaar is?

Die onderwys-ministerie het 16 nuwe skole oopgemaak om die dringende behoefte aan plek vir leerlinge aan te spreek, volgens sy uitvoerende direkteur, Sanet Steenkamp. Sy het in ‘n onderhoud gesê die skole is wel nie baie groot nie, maar 723 onderwysposte is ook beskikbaar gemaak aan alle streeksdirekteure. Kosmos 94.1 Nuus het met die vakbondkongres van Namibië, of Tucna, se sekretaris-generaal, Mahongora Kavihuha, gepraat wat sê hy twyfel of die 723 onderwysposte al is wat in die land beskikbaar is, en dat die ministerie meer onderwysers moet werf.