IRV oor beweerde uitbuiting van Suid-Afrikaners

Die Instituut vir Rasseverhoudings in Suid-Afrika sê president Cyril Ramaphosa se kantoor het nog steeds nie gereageer op sy memorandum waarin hy ‘n beroep op die regering doen om verantwoording te doen vir die wydverspreide en voortdurende uitbuiting wat landsburgers daagliks teister nie. Die memorandum is aan die begin van verlede maand afgelewer en ‘n antwoord is binne 14 dae beloof. Die IRV sê terwyl die buurland hom voorberei vir die viering van Vryheidsdag Dinsdag, is dit duidelik die regering verontagsaam steeds die benarde omstandighede van Suid-Afrikaners. Die Instituut bly egter steeds verbind daartoe om die buurland se leiers tot verantwoording te roep.