Jacky Britz is die nuwe Basterkaptein

Die afgetrede onderwyser Jacky Britz is die nuwe Basterkaptein. Hy het 2 583 stemme in die verkiesing vir ‘n nuwe kaptein gekry. Die sakeman Rynauldt van Wyk het 523 stemme gekry uit die totaal van 3 106 stemme wat uitgebring is.