Irimari: Grondbestuur speel rol in mens-dier-konflik

Die nasionale konferensie oor mens-dier-konflik van die omgewingsministerie het in die hoofstad afgesluit. Gemeenskappe wat in en rondom nasionale parke woon, is die grootste slagoffers van mens-dier-konflik met verliese van lewens, vee, gewasse en infrastruktuur. Verskeie sprekers het hul bevindinge aan die drie daagse konferensie voorgelê, maar die goewerneur van die Oshana-streek, Elia Irimari, het gesê grondbestuur speel ‘n groot rol in hierdie konflik. Hy meen tradisionele owerhede en die landbouministerie moet geraadpleeg word omdat van die grond in nasionale parke aan mense toegeken word.