Iranse sokkerspeler ter dood veroordeel

Die Iranse sokkerspeler, Amir Reza Nasr Azadani, is ter dood veroordeel nadat hy verlede maand in hegtenis geneem is omdat hy by landwye betogings teen die land se geestelike establishment aangesluit het. Menseregte-groepe sê die 27-jarige is een van minstens 27 Iraniërs wat ter dood veroordeel is weens die betogings. Dit het opgevlam nadat die 22-jarige Mahsa Amini in polisie-aanhouding dood is nadat sy daarvan aangekla is dat sy haar hijab nie behoorlik aangehad het nie.