Iran stem vir nuwe president

Die mense van Iran het gestem vir ‘n nuwe president nadat Ebrahim Raisi in ‘n helikopterongeluk gesterf het. Daar is meer as 61,5-miljoen stemgeregtigde kiesers, en die verwagting is miljoene het die verkiesing geboikot. Vier kandidate, lojaal aan die opperleier, is in die wedloop. Die uitslag kan die opvolging van die 85-jarige Ayatollah Ali Khamenei, die opperleier sedert 1989, beïnvloed. As daar nie ‘n duidelike meerderheid is nie, sal die top twee kandidate aan ‘n tweede ronde stemme op 5 Julie deelneem. Die wenner sal vir vier jaar dien.