‘Iran moet verander, sy mense eis dit’

Die Britse minister van buitelandse sake James Cleverly sê Brittanje het sanksies teen verskeie amptenare in Iran ingestel, insluitend die land se regbank. Die stappe volg na Iran sy oud-adjunkminister van verdediging Alireza Akbari Saterdag tereggestel het op klagte van spioenasie. Akbari was ook ‘n Britse burger. Cleverly sê Iran moet verander omdat hul mense dit eis.