Iran destabiliseer Midde-Ooste – VSA

Die Amerikaanse minister van verdediging Lloyd Austin blameer Iran vir die destabilisering van die Midde-Ooste. Hy sê die land befonds terreurgroepe wat die risiko verhoog dat die konflik in Gaza kan uitbrei. Iran ondersteun Hezbollah en Hamas. Austin is aan besoek aan die gebied en het met die media gepraat.